Ek dink ekke het nou lank genoeg ge-walkabout - dis nou Aussie vir so duskant bossies wees. Ek het so 'n tydjie terug ............. terug gekeer met 'n lang baard, gaailap en 'n likkewaan. Heeltemal afgesny was ek vannie samelewing - ek het my lewer skoongemaak en Mej Chardonnay onner die gat geskop en sommer allie anner Mej's ook.
Nou's ek 'n man vannie son, sonder enige aanhangsels. Ek meen, ek is nog 'n man met die regte aanhangsel, maar nie die met tieties wat om my hang en my knoppies druk soos 'n flatscreen se remote s'n nie.
Ek kom nou ook agter dat die ou Snotblog soos 'n Flatwhite Snotneus Seuntjie is. As dit goedgaan en die neusie is droog dan is die Kaap Hollands en daar's in nie 'n teken van 'n druppeltjie onner die neusie nie. Sodra die kindjie snotsiekte slaan innie winter of kinkhoes kry - dan vloei die snot in alle kleure en geure.
Daar is groot droogte hier en my arme vennoot probeer hard om die ou kindjie so siek soos 'n hondjie te hou - alles terwyl ek iewerste in 'n grot sit met my gaailap en likkewaan en OHM sê. Waarvan die hart vol is, loop die mond van oor - of so iets.
Daar is regtig so baie waaroor ek kan roggel, van dit is net so tragies ek's bang die arme Flatwhite Snotneus Seuntjie vrek - Siembamba Mama se Kindjie ............ draai sy nek om ............ gooi hom in 'n sloot ................. trap op hom se kop dan is hy dood.
Dalk moet ek hom so 'n bietjie snuif injaag sodat hy lekka kan nies en van allie obstruksie ontslae raak - netnou bars daar 'n aartjie of iets.
Thursday, October 6, 2011
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
2 comments:
Nee mater nou't jy my verloor, het jy daai padda in die grot gerook?
As ek reg onthou, dit was 'n likkewaan.
Post a Comment