Toe besluit ek dis tyd vir bietjie handewerk in die garage. Ek bou eerder my eie “purpose-built” boer-maak-‘n-plan biltongkas:
Ek het sommer vir die ding wiele ook gegee, nou kan hy vinnig geskuif word as die aliens aanval of as ons moet vlug vir die wille dingos. Ek kan hom dalk agter die kar sleep as ons op vakansie gaan ook.
Die gaas het ek met ‘n staple gun vasgestik – so maklik soos niks. Die hardste werk was om al die lyne te span binne-in:
Nou moet ek net eksperimenteer met tyd, windrigtings en temperature, en dan het ons ‘n wenresep.
Biltong verkoop in hierdie geweste vir meer as $60 per kg. Ek gaan ‘n miljenêr word – dis nou as ek nie al my profyt self opvreet nie.
3 comments:
Stuur bietjie jou address dan stuur (Message my op FB)ek jou lekker spices vir daai biltong.Dis mos nou better as daai dehydrator of daai ander box wat die Saffers hulle biltong in maak , Nou het jy net 'n fan nodig, blaas dit droeg in 3 dae, en dis nog lekker pink binne.My biltong kas het gaas 3 kante soos die ou mens dit gemaak het jare terug.
Dankie Rina - waar kry ek jou op FB?
Ek woon in Auckland NZ. Dit is nat hier. Ek droog my biltong met 'n waaier. Ek sny hulle net so dik as wat ek wil sonder enige probleme. Die waaier maak ook eintlik die vleis te vinnig droog. Ek verkies dik(breedte=dikte) en nat(donker,sagte kern) biltong. So ek waaier droog hom vir 5 dae en dan yskas droog ek hom verder. Die yskas droog hom ook, net stadiger. Die vog gehalte is dan meer verspreid deur die vleis. Om jou 'n idee te gee van dikte, ek het al heel varkboude so gedroog. Die vark is natuurlik gerook ook.(koud)Selfde mat Jagers en Salamis.
Geniet dit!
Post a Comment