Wednesday, July 27, 2011

Poepol innie Lug en Ware Liefde.

Ek kyk mos nie baie TV nie - ek hou niks van die radio-aktiewe boksie nie. Dit is die boksie se fout dat die oorgrote Flatwhites vandag nie meer testosteroon het nie. Sien, hulle sit-lê mos met glas oge voor die boks en hulle knaters word dan radio-aktief gebrand - die dat almal nou pille en steroids moet sluk. Manlikheid kom mos deesdae in 'n pil of bottel.

Sien, ek leer my laaitjie om nie so naby daai TV te sit-lê nie en ook om nie te veel na die dêng te kyk nie. Ek vertel hom dat sy nuts sal fry en dat hy dan met so 'n dun stemmetjie gaan begin praat en pop speel.

Nou die dag stap ek innie hut-met-wiele in en sit die TV aan - mens moet mos op hoogte bly met wêreld nuus en dinge. Ongelukkig is hier min nuus Down Under - die plek is so vervelig die seemeeue vlieg onderste bo - sien die blou lug is interessanter. In elke geval, die klank word afgesit en my oog vang net die flatscreen so nou en dan - ek wag vir die nuus.

Skielik vang my oog iets vreesliks verskrikliks - nog nooit in my lewe het ek so iets gesien nie. Ek sien 'n gedroggie me vieslike blonde hare en wasbeer ogies klavier speel met haar poepol innie lug. Nog nooit het ek so iets aanskou nie. Dit is nie net van speel nie - die gedroggie staan met hoëhak skoene op die klavierstoeletjie, poepol innie lug en slaan die klavers. Haar spene hang wie weet waar.

Ek dog dit is dalk 'n program wat 'n bespotting maak van ou Sarie Marais. As kind het ons mos die ou liedjie gesing en gedink ons is vreeslik snaaks:

Ou Sarie Marais,
het 'n eier gelê.
Onner die brug,
met haar poepol innie lug.

Vreesliks snaaks het ons nou gedink dit was en ons het gerol vannie lag. Sien, ek dog nou dis dalk 'n Aussie wat gehoor het van ou Sarie Marias. Ek sit die klank aan en sommer vinnig kom ek agter dit is daai vieslike vuilbek gagga - 'Lady' Gaga. Die gedroggie toer mos met haar reptiel gewaad en vuil bek hier Down Under. Ek wens iemand wil haar vir die dingos voer.

Hoekom moet 'n mens nou tot sulke uiterstes gaan? As jy sing of klavier speel of wat ookal, dan is dit mos waarmee jy gemeet moet word. As jy wraggies waar begin klavier speel met jou poepol innie lug en jou spene wat die klavers slaan - dan is daar mos iets fout? Dalk vang ek net nie die nuwe moderne dinge nie?

Aan die annerkant is al wat deesdae op die nuus is - die Amy Winehouse dêng. Dit kry meer tyd oppie radio-aktiewe dosie as die vreeslike geskietery doer in Noorwee. Ek dog weereens die Wynhuis antie is 'n Aussie - maar nee, sy is van Ingland en ek weet boggoroli van Antie Wynhuis. Ek sal maar haar musiek moet Google.

Dit moet vreeslik wees vir enige ouer om 'n kind te verloor in sulke omstandighede - ek meen die dingetjie het meer pille gesluk en 'self-destruct' as die normale junkie. Ek voel vir die ouers, maar dit is net hier waar my konserwatiewe primitiewe Biltongboer brein 'n lyn trek.

Op die radio-aktiewe dosie word daar vertel hoe haar hele lewe om liefde gedraai het - watse bleddy BS (bullshit vir die wat nie weet nie) is dit nou? Liefde vir wat? Ek kan dit nie vat as mense sulke goed sê nie. Was dit nou liefde vir jouself? Liefde vir jou ouers? Liefde vir jou aanhangers? Liefde vir jou medemens? Liefde vir Volk en Vaderland? Of ........ was dit pure selfsug en eerder liefde vir nog 'n pil en nog 'n swiggie?

Hierdie is 'n tipiese voorbeeld van 'spoiled Flatwhite' selfsug. Mense word gebore en groot met alles - hulle het talent, bly in 'n land met baie geleenthede, het ouers wat hulle ondersteun - alles val in hulle skote. Nee wat, dis nie genoeg om miljoene te maak en 'n geleentheid te hê om by te dra tot iets goeds in die lewe nie. Alles vir 'n Flatwhite draai mos net om sy eie verrotte ou siel.

Daar word self kliphard genoem hoe wonnerlik dit nou is dat sy gestorwe het op 27, nes al daai anner 'rock stars' wat dit tot doer bo gemaak het. Ek kan nou nie eers hulle name onthou nie, maar daar is baie van hulle. Almal gedooi op 27 omdat hulle allerhande pille gesluk het. Is dit nou die nuwe toekoms en voorbeeld vir die jeug van vandag? Sluk daai pille, ware liefde vir almal en dooi op 27 - jy's 'n bleddy beauty, soos die Aussies dan sê. Ongelooflik, dis al wat ek kan sê.

Aan die anderkant is daar Margaret Olley - die Aussie antie wat so goed geskilder het. Sy is ook dood in hierdie tyd. Sy was 88 en het haar talente goed gebruik en baie bygedrae tot die samelewing. Sy't uit haar pad gegaan om mense te help en haar kunste sal aan die lewe gehou word vir die volgende 1000 jaar. Sy't nie boom gerook, pille gesluk en haar liggaam misbruik nie. Hoe vergelyk mens nou die twee? Hoekom sê iemand dit nie hardop nie?

Ek verstaan die tipe van goed nie. Daar word duisende blomme en dinge orals in Ingland en Aus op hope gegooi vir die 27-jarige en almal huil liters trane. Die wat die hardste huil het pienk hare, ringe deur hulle neuse ens. Hoeveel blomme word daar nou vir die ou tannie gegooi? Antie ek gaan vanoggend sodra die son opkom 'n paar wille blommetjies vir jou pluk en dit iewers sit waar die son se strale mooi op dit kan skyn.

Wel antie Wynhuis as ek nog gedrink het, sou ek wraggies waar 'n glasie Mej Chardonnay op jou suksesvolle lewe geskink het. Ongelukkig of dalk bleddy gelukkig, doen ek nie meer die dêng nie.

Ware Liefde en Dapper Weerhouding - is dit nou die nuwe Flatwhite mode. Die einde is naby, dis wat ou Macbeth bedoel het met 'Fair is Foul' en 'Foul is Fair.' Die dag wanneer ons nie meer weet wat die verskil is tussen Fair en Foul nie - dis dan wanneer ons maar die wit vlaggie kan opsteek.

Dink bietjie mooi hieroor. Twee vrouens is dood - een in die land en een wat niks met die land te doen het nie. Die een is dood op 27 en het haar en haar ouers se lewe 6-0 opgefok - nie eers 'n teken van respek daar nie. Die ander een is 88 en het haar ouers oorleef, haar talente gebruik om by te dra tot die samelewing. Vir wie word daar die meeste trane gestort? Vir wie word daar die meeste blomme gegooi? Vir wie word daar die meeste tyd op die vieslike radio-aktiewe boksie gegee? Ongeblooming-effing-blinking-looflik.

Die Ware Liefde dêng laat my dink aan die Samajoor wat kom inspeksie doen het daar in die Caprivi. Een van my dom troepe het 'n 'True Love' dêng met 'n hart op sy trommel uitgekerf. Die Samajoor sê toe vir die troep, "Jy True Love orals maar jou pi@l vrot af." Nou ja, ou Samajoor - vandag stem ek saam met jou.

0 comments: