Vreeslike Weer:
Die jaar is ongelooflik - ons het onlangs -12 °C hier onner die verandah gehad. Soggens is die wêreld spierwit en die diesel vries in ou Sanna. Net so skielik is dit vrek warm, dan reën dit vreeslik, dan waai die winde briesend koud. Nog nooit het ek die weer so gesien nie - daar is definitief ontug innie lug.
Die duifies en bytjies wil begin paar, die gras wil groen word - dan kom die ryp en vreeslike koue weer. Nie die blommetjies, duifies of bytjies weet wat aangaan nie.
Verskriklike Kroep:
My kinners word nooit siek nie - hulle was nog nooit by 'n dokter nie. As hulle ietsie kry, dan doen ons die bossie dokter dêng. Ek het mos die toordokter kruie-dokter dêng geswot - dit saam met my vreeslike belangrike Flatwhite graad hier Down Under.
Laas week het ek vir die eerste keer al drie kênners by die huis gehad - so siek soos hondjies. Daar is verseker ontug innie lug. Die week is ek onderstebo - my longe word uitgehoes en die gevoel is maar woes. Die kruie doepa word aangemaak en knoffel om nekke gehang. Muti word gebrand om die lug te suiwer - ek moet nog net daai wonnerboom begin rook vir my longe.
Sien, lankal al weet ekke dinge moet verander. My kreatiwiteit is vreeslik afgeskeep vir jare en die goedjies-met-tieties se stresvolle gedrag het my onderstebo geslaan. Dit was 'n vreeslike laaste 2 jaar die. As die 'universe' sê jy moet stop en jy 'ignore' die bevel nou - dan word jy vinnig op jou gat neergesit. Dit is waar ek nou is - nou rus ek maar en probeer figure waarheen die groot winde van verandering my heen wil waai.
Boë & Pyle:
Daar is iets vreesliks mooi aan 'n pyl as die net so lê. 'n Pyl is gemaak met 'n doel en het 'n voorkant wat altyd reguit vlieg na 'n teiken toe. 'n Pyl het ook 'n duidelike agterkant wat die rigting hou. 'n Pyl is altyd reguit en reg om te beweeg.
Dit is hoe 'n mens veronderstel is om te wees - jy is gemaak met 'n doel en jy het 'n teiken innie lewe. Jou rug en pad moet reguit wees - 'n pyl vlieg nooit met 'n draai nie.
Daar is 'n plek waar jy jouself verloor net voor jy 'n pyl los - 'n plek waar jou siel stilstaan en alles sien in split sekondes. Dit is meditasie op sy beste - daar is nie 'n verlede nie en nie 'n toekoms nie - daar is net nou.
Ek weet al my hele lewe lank dat dit is waar my toekoms lê - in iets so eenvoudigs. Elke dag skiet ek nou, selfs met die vreeslike kroep. 'n "Warrior" kan nooit gaan lê nie, want die vyand en die hayena slaap nooit nie. Daar is nie tyd vir verskonings en ledigheid nie.
Die Hart van 'n Perd:
Ek sien in 'n perd my eie hart. Vir elke stap wat 'n mens gegee het in evolusie was daar die spoor van 'n perd. Kyk bietjie in die oog van 'n perd en jy sien alles wat goed is. Druk jou neus in 'n perd se nek en jy weet jy sal nooit alleen wees nie.
Snags in die koue stap ek uit en gaan staan stil in die middel van die paddock. My mêrrie kom dan stil aangestap en druk haar neus in my nek. Geen mens kan dit vir my doen nie. My pad is 'n pad saam met 'n perd - ek weet dit al lankal, maar ek skop daar teen.
Ek raak skaam as ek dink hoe ek my perde afgeskeep het - hoe ek die Flatwhite pad jaag, 'n gejaag na niks.
Die Ouer Kunste:
Ek het groot geword in die Kavango, saam met die Kavangotjies en die Boesmans. Van kleins af het ek baie geleer en my hart was naby die grond. As jy in olifantpaadjies gestap het wat nie beperk was deur drade of teer paaie nie - dan is enige Flatwhite pad 'n moeilike dêng.
As jy gejag het waar daar nie drade of paaie was vir honderde kilometers nie, hoe stap jy in 'n 'wildtuin' of National Park? As jy vir dae lank op die oewers van die Kavango rivier klei-osse en kleilat gespeel het, terwyl die seekoei blaas - hoe koop jy Leggos vir jou kind?
Daar is iets daarin om jou eie knopkierie en byl te kap uit 'n nat stuk Mugoro. Daar is iets dieps daarin om jou eie pylpunte te maak uit 'n stukkie staal of been.
As jy jou eie draadkar gemaak het uit oorskiet draad en die wiele uit weggooi Coke blikkies - hoe koop jy 'n plastiek blênk tjor in 'n Flatwhite winkel?
As jy duiwe, fisante en tarentale gejag het met jou boog en uintjies uit 'n tarentaal se krop geëet het - hoe koop jy 'n oorvet antibiotika hoenner in Woolworths?
Daar is iets in die ouer kunste - daar is 'n kreatiwiteit, 'n beheer oor jou eie lot, 'n ontwikkeling van altwee dele van jou brein, 'n selfstandigheid wat geen geld of 'opvoedkundige' speelgoed kan koop nie.
Winde van Verandering:
As die winde van verandering in jou lewe waai en jy 'ignore' dit, dan gaan dit jou plat waai - al kruip jy weg in die grootste sterkste Flatwhite gebou.
Die winde van verandering waai altyd met 'n doel - dit bring die nodige reën na groot droogte. Dit bring die nodige verandering - of dit nou goed of sleg is. Verandering is nodig - dit is al sekerheid wat daar in die lewe is. Niks bly ooit dieselfde nie - jy kan maar probeer net soos jy wil.
Nuwe deure gaan oop en elke keer as jy aanpas by veranderinge, dan raak jy bietjie sterker en bietjie slimmer.
Gesondheid:
Soos die jare aangaan, kom ek agter dat die belangrikste ding in die lewe jou gesondheid is. As jy dit nie het nie, het jy niks nie en jy kan niks gee nie. Jy kan net jou beste wees vir jouself en ander as jy jou volle gesondheid het.
Dit is ironies hoe ons dit afskeep. Die blênk motorkar word klokslag ingeboek vir 'n diens en as daar 'n geluidjie is dan word daar goed spandeer om die masjien reg te hou. Hoeveel mense spandeer dieselfde hoeveelheid geld 'n jaar om hulle self gesond te hou?
Hoekom het ons so 'n destruktiewe uitkyk op ons eie gesondheid - hoekom is ons as Flatwhites so sielsiek en fisies siek? Hoekom eet ons wat ons eet en drink wat ons drink? Hoekom kyk ons waarna ons kyk, maar weier volstrek om die waarheid te sien? Hoekom laat ons, ons sover gaan en wag altyd vir iets vreesliks om te gebeur voordat ons iets aan 'n situasie doen?
Aksie is die antwoord en ledigheid is die duiwel se oorkussing. Jou hart is jou pad en jou pad is joune alleen. As jy jou pad stap dan ontmoet jy mense soos jy. As jy 'n ander man se pad stap, dan ontmoet jy mense soos hy. Jou pad mag dalk nie maklik wees nie, maar dit is jou pad - 'n pad wat jy moet stap. 'n Vol mens sal jy nooit wees as jy nie doen wat jy veronderstel is om te doen nie. Luister na ander mense en 'ignore' jou hart - dit is die pad van 'self destruct.' Nooit sal jou siel rus nie.
Vandag gaan ek my 'blacksmith' werkswinkel begin uitlê - kroep of nie. Die kuns van 'n harde stuk staal bloedrooi gegloei in 'n blasende smidsvuur is merrisyne vir my siel. Die geboorte van 'n assegaai - 'n kunswerk uit die diepste poele van 'n hart.
Die sagte neus van my mêrrie in my nek, die vlug van my pyl en die kleur van Kangeroo biltong pas gesny. Die reuk van lewer en suursous in 'n swart pot, die sweet druppels van my voorkop op die bloedspoor van 'n takbok. Die nuwe pyl wat sy eerste veer kry en die eerste hou van die hammer op 'n bloedrooi stuk staal - dit is my pad ........... die Flatwhite lewe se gat.
South Africa: Woman arrested for racist gym outburst
-
*Wowie. In South Africa these days if you call a Black a Kaffir (Nigger in
America) then you wind up in prison! However, if you murder, rape or steal,
then...
1 hour ago
2 comments:
Mooi geskryf ...
Jy hou so aan met die lewer in suur sous dat vandat ek jou blog begin lees het ek nou weekliks lewer in suursous eet. Nou raak ek lus vir pofadders.(Lewer en hart mengsel in die skaap se poepderm) Een groot probleem, as ek hier in NZ vra vir "Sheep fart intestine" wil hulle my malhuis toe stuur.
Post a Comment